​Voorafvervaardigde huise: die voor- en nadele

Johannes van Graan Johannes van Graan
PROJEKT DOMU MAGNUS II G2, Pracownia Projektowa ARCHIPELAG Pracownia Projektowa ARCHIPELAG Nowoczesne domy
Loading admin actions …

Voorafvervaardigde huise is vinnig besig om naam te maak in Suid-Afrika (dis al lankal ‘n groot ding oorsee), maar nes enigiets anders het hierdie nuwe boutemode beslis ook sy voor- en nadele.

Ons het besluit om bietjie ondersoek in te stel om jou die feite deur te gee…

1. Kostes

Die feit bly staan dat voorafvervaardigde strukture oor die algemeen minder kan kos as tradisionele boumetodes, maar dit is nie altyd die geval nie. Dit hang natuurlik af van afwerkings, die grootte van die struktuur, die betrokke maatskappy/bouers, die kostes van die eiendom, ens. 

Drie faktore wat die kostes van ‘n voorafvervaardigde huis kan beïnvloed is: 

1. Die grond waarop die huis gebou word – Is dit plat genoeg vir die fondament of moet stelte aangebring word? Wat anders moet gedoen word om die area ordentlik voor te berei? 

2. Hoeveel gaan dit kos om die voorafvervaardigde panele vanaf die fabriek te vervoer? Natuurlik is die naaste maatskappy nie altyd die beste een om te gebruik nie.  

3. Baie maatskappye eis dat betaling volledig afgehandel word voordat daar met enige werk begin, wat nie altyd die geval is wanneer dit kom by ‘n tradisionele bouery nie.

2. Tyd

homify Nowoczesne domy

Een van die grootste voordele wanneer dit kom by voorafvervaardigde strukture is die hoeveelheid tyd wat bespaar word – in sommige gevalle kan ‘n 100m² huis in ‘n tydperk van drie maande kant en klaar gebou word, wat heeltemal onmoontlik is met tradisionele boumetodes.

3. Materiale

Voorafvervaardigde huise kan van bykans enige materiale gebou word, van beton en klip tot baksteen en hout – en hout is beslis die gewildste.

Die probleem is net dat baie maatskappye verkeerde hout van swak kwaliteit gebruik wat mettertyd buig en sodoende die huis beskadig. 

Nog ‘n probleem is dat baie maatskappye voorafvervaardigde huise verkoop en dan aan die einde van die dag slegs die hout (of ander materiale) aflewer. Maak doodseker waarvoor jy betaal!

4. Opsies

Die feit is dat voorafvervaardigde huise nie vreeslik baie opsies bied wanneer dit by style en ontwerpe kom nie – altans, nie so baie soos huise wat van gewone boumetodes gebruik maak nie. 

Wat natuurlik altyd moontlik is is om ‘n mengsel van voorafvervaardige panele en tradisionele boumetodes te gebruik om jou unieke struktuur op te rig. Of om van skeepsvraghouers gebruik te maak. Hierdie metode verskil heelwat van voorafvervaardigde panele s’n, maar is ook redelik vinnig en goedkoop. 

Kyk bietjie na hierdie 30 Voorafvervaardigde huise waaroor jy dol sal wees.

Chcesz zbudować lub wyposażyć dom?
Skontaktuj się z nami!

Najważniejsze informacje z naszego magazynu