​Hoe om vensters (en ander glas oppervlaktes) skoon te maak

Johannes van Graan Johannes van Graan
CASA TRANSPORTABLE ÁPH80, ÁBATON ÁBATON Wiejskie okna i drzwi
Loading admin actions …

Wees eerlik: hoe gereeld was jy jou huis se vensters? Dis regtig nie die lekkerste skoonmaak takie nie, aangesien dit lank vat (afhangende van die hoeveelheid vensters en hul groottes, natuurlik), om nie eers te praat van die vreemde posisies wat mens partykeer moet inneem om snaakse hoekies by te kom nie. 

En wanneer jy nou wel by vensters-skoonmaak uitkom, watse metodes gebruik jy? Seep en water? Koerante vir droogvryf? Kom ons beloer so paar wenke wat jou vensters (en ander glas oppervlaktes) sommer gaan laat blink van nou af…

1. Standaard-hoogte vensters

Cafe Style Shutters for Bay Windows homify Klasyczne okna i drzwi Rolety i żaluzje

Basiese huishoudelike middels soos ‘n emmer, spons en skottelgoedseep word gewoonlik gebruik vir gewone vensters. Maar indien jy bietjie meer ekovriendelik wil wees, verruil die koerante vir ou t-hemde en/of lakens wat jy stoor in plaas van weggooi – hulle werk net so lekker. Moet net nie toiletpapier gebruik om die nat vensters droog te vryf nie, aangesien hulle donsies en stukkies papier kan agterlaat.

Vir ‘n ander ekovriendelike skoonmaakmiddel, meng 2 eetlepels wit asyn by 3 liter water, of  suurlemoensap en sodawater in dieselfde hoeveelhede.

2. Dakvensters

Definitief een van die mooiste elemente in ‘n huis wat heerlike lig laat binnestraal – mits dit skoon en ordentlik gewas is, natuurlik! En aangesien dakvensters hoog geleë is en baie meer moet kan vat as gewone vensters (dink bietjie aan hoeveel reën ‘n dakvenster moet deurmaak in vergelyking met ander vensters), neem ons niemand kwalik dat hulle nie aldag lus voel om dakvensters by te kom nie. 

Maar as jy moet, dan moet jy – dieselfde skoonmaakmiddel as nommer 1 kan hier gebruik word, maar onthou net dat dakvensters soveel moeiliker is om skoon te kry as gewone vensters. As jy nie die regte gereedskap het wat kan verleng nie of nie op ‘n tafel wil klim om dit by te kom nie, kry eerder ‘n profesionele skoonmaker wie se werk dit is om dakvensters en ander hoër liggende elemente by te kom.

3. Glasdeure

CASA TRANSPORTABLE ÁPH80, ÁBATON ÁBATON Wiejskie okna i drzwi

Soveel meer glas om skoon te kry, en wanneer dit by glasdeure en vensters van soortgelyke groottes kom, moet mens maar meer gereeld inspring, aangesien die kleinste bietjie stof dadelik opgelet gaan word. 

Gebruik nommer 1 en 2 se skoonmaakmiddel, maar belê in meer profesionele gereedskap as net ‘n ou sponsie, soos ‘n venster squeegee.

4. Storte

Die meeste van ons weet hoe vieslik vuil ‘n stort kan raak as dit nie gereeld skoongemaak word nie, en ons praat nie net van watervlekke nie. Bakterië kan behoorlik fees vier in ‘n vuil badkamer, so moenie jou badkamer oppervlaktes afskeep nie. 

Maar hier is ons wenk: hou ‘n squeegee of spons in jou stort en vryf daardie stortmure en –deur af na elke was. Dit sal jou weeklikse skoonmaak sessie soveel makliker en gouer maak. En wees versigtig met die chemikalieë wat gebruik word, aangesien die spasie klein is en aan jou vel blootgestel word; moet nooit enigiets met 'n pH-waarde laer as 4 of hoër as 12 gebruik nie.

5. Trappe en relings van glas

Wie sou nou kon raai dat glastrappe een van die maklikste oppervlaktes is om skoon te maak? Dit lok minder stof as houttrappe en daarom kan die oppervlaktes sommer gou-gou met ‘n klam lappie afgevee word.

Onthou net om versigtig te wees (of die trappe heeltemal te vermy) totdat die glas heeltemal droog is.

6. Glastafels

‘n Vlek op ‘n glastafel se blad is nie so erg nie – solank jy nie die een is wat dit moet skoonmaak nie. En hier sê ons dat voorkoming beslis beter as genesing is: gebruik tafeldoeke of “coasters”, maar gee tog daardie glastafeltjie ‘n ou skoonmaak sessie so nou en dan met dieselfde middels as genoem in nommer 1.

7. Spieëls

Tegnies gesproke is spieël-skoonmaak nie baie anders as venster-skoonmaak nie. Hou maar by dieselfde manier as in nommer 1 genoem, maar om jou spieël so effens beter te laat blink, voeg ‘n paar druppels skoon alkohol by jou skoonmaak resep – jy sal sommer dadelik die verskil agterkom! 

Onthou gerus hierdie 7 gewoontes om jou huis skoon te hou.

Chcesz zbudować lub wyposażyć dom?
Skontaktuj się z nami!

Najważniejsze informacje z naszego magazynu